Monday 28 September 2015

Selfs toe U in die gesig gespuug is






Meester,


U wat kon kalm bly en

U selfbeheersing behou selfs toe

U in die gesig gespuug is,

leer my ook tog om myself te beheers.

Neem U die hele bestuur

van my lewe in U hand en

gebruik al my krag en energie en lewenslus

in die REGTE rigting - U rigting.


Amen




E-kaart:  Poppie Oosthuizen
Jesus se Seunskind @ Facebook





Sunday 27 September 2015

Nog 'n enkele traan in U Vaderoë nie







Here,


Van nou af wil ek

nie die rede wees

vir nog 'n enkele

traan in U Vaderoë nie.

Help my asb daarin.


Amen





E-kaart:  Poppie Oosthuizen
Jesus se Seunskind @ Facebook





Saturday 26 September 2015

Ek wil ook so graag 'n kind van God wees!








Here,


Vergeef my dat 
ek my so onaanvaarbaar
en sondig gedra.
Ek wil ook so graag
'n kind van God wees!
Help U my
om my lewe te verander
en vul my hart met
U liefde
sodat ek
in staat sal wees om
vir U en my medemens
te eerbiedig.


Amen




Jesus se Seunskind @ Facebook

Friday 25 September 2015

Beskerming @ Drank & Dwelms







Hemelse Vader


Beskerm my en my vriende asseblief teen die
versoeking, mag & groepdruk teen drank en dwelms.

Help ons om 'n besliste standpunt daarteen
in te neem, en bekroon ook ons studies &
drome oor 'n sportloopbaan met U seëninge
en sukses.

In Jesus kosbare Naam vra ek dit.


Amen



U seunskind







Thursday 24 September 2015

Gebed - Om kalm te bly en te oorwin








Vredevolle Meester,


Help my

om nie altyd

so gou te wees

om die swaard uit te ruk en

rusie te maak nie.

Leer my om kalm te bly 

en te oorwin

deur eers 'n oorwinning

oor myself te behaal,

om Jesus ontwil.


Amen




Jesus se Seunskind @ Facebook

Wednesday 23 September 2015

Ek gee vir jou om!








Ek gee vir jou om


... want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.  -  Matteus 6:8


Jy wonder dikwels of Ek as God weet wat met jou gebeur.  Jy wonder of Ek in jou belang stel of omgee wat met jou gebeur.  Jy vertel alles vir My maar dan lyk dit baiekeer vir jou asof Ek nie jou gebede hoor nie?

Die probleeem is jy dink Ek weet nie ... totdat jy My van jou ellende en jou seerkry vertel.  Maar my kind, Ek verseker jou dat Ek as jou God álles weet, nog voordat jy vir My iets vra.

Tog weet Ek ook wat jy as my kind nié nodig het nie.  Ek weet dit wat jy vra nie eintlik góéd vir jou is nie.

Ek weet daar is min dinge wat jou so waardeloos laat voel as die besef dat niémand van jou weet óf in jou belang stel nie.  Jy kan egter doodseker wees:  Ék as jou Maker en Vader wéét elke oomblik van die dag van jou en gee vir jou om.  Ál voel jy alleen.  Ál is daar probleme by die skool en die huis.  Ek wil hê jy moet jou gevóélens en gedágtes met My deel, want as jy *dit* doen, kry jy núwe moed en krag in My om jou lewe te face.

Gló My maar:  Ek wéét van jou en is liéf vir jou.  Ek weet ook wát jy régtig nodig het.



Ampie Barnard : Briewe van God





As jy 'n sinvolle verhouding met God wil hê








As jy 'n sinvolle gehalte verhouding 

met God wil ervaar,

is dit nodig om tyd met God deur te bring

en met Hom te kommunikeer.

Een ding kan jy vir seker weet:

Dit is presies wat God verlang  -

om met jou, sy kind,

tyd deur te bring

en met jou te praat.

God is liefde

en God wil daardie liefde

oor jou uitstort.




Johan Smith :  God se hartklop vir jou





Tuesday 22 September 2015

'n Vlakvark of 'n duiker








‘n Vlakvark of ‘n duiker?


Die woorde van ‘n mens kan diep waters wees, ‘n bruisende stroom, ‘n bron van wysheid.  – Spreuke 18:4


Het jy al ooit in die bad probeer duik?  Moenie, jy sal jou nek breek of dalk ‘n hele paar ander van jou lyf se stukke ook.  Nee, as jy lus is vir duik, gaan soek ‘n swembad, ‘n veilige waterkuil, ‘n ordentlike plaasdam of swem in die see.

Enigiets, solank die water net diep genoeg is.

My Woord sê dat wyse woorde soos diep water is.  Spring gerus maar in, jy sal nie seerkry of verongeluk nie.  Daar is ook genoeg plek vir al jou vriende – julle almal kan dit gebruik.  Dit maak skoon, dit maak heel, dit maak vol en dit gee baie plesier.  En baie belangrik – dit kan groot vure blus.

So, wat wil jy wees:  ‘n vlakvark of ‘n duiker?  Kies nou.

Waaraan dink jy as jy aan wysheid dink?  Sien jy dadelik ou omies met lang, wit baarde wat alleen op hoë berge woon?  Nee, wysheid kom van My as jou hemelse Vader af en is daar om jou te leer om verstandig te praat – selfs vir jou as my kind.  Wysheid is praktiese raad aan doodnormale mense in gewone omstandighede in hulle lewe.



Tobie van der Westhuizen :  Briewe van God

Gebed







"Ek wil graag wees soos Jesus,

Vol ywer en vol moed

,
Dat dit van my mag waar wees

,
Geneig tot alle goed." 



(Uit die Halleluja)



.
Heilige Gees, 



Roei in my uit 


al die dorings en distels 


van die sonde en


help my om die pragtige 


vrugte van die Gees te dra.



Amen





Poppie Oosthuizen

Jesus se Seunskind @ Facebook

Monday 21 September 2015

God smag na








Daar is 'n God wat smag na 'n verhouding met elke soekende jongmens. God wil werklik jou Vader wees en sy liefdevolle arms om jou slaan te midde van die taai omstandighede waarin jy mag leef. Hy wil jou dra wanneer jy val en sukkel. Hy wil jou troos as jy pyn en seer ervaar. Sy hand is daar om jou op tel tel *na* elke droogmaaksessie. Hy vee die trane af en Hy moedig jou aan op die pad van oorwinning en oorvloedige lewe. God wil jou so oorrompel en versadig met sy liefde dat jy nie anders kan nie as om soos 'n kleintjie in sy arms te spring en met passie kliphard uit te roep: Abba Vader!



Johan Smith

Verskonings, Verskonings!








Verskonings,
Verskonings!


Mense wat lui is,

vind altyd ‘n verskoning vir alles.

Eintlik kul hulle net hulself.

Kies vandag om nie lui te wees nie;

pak elke ding aan met die krag

wat God jou gegee het.



Die lui mens sê:

“Daar is ‘n leeu daarbuite!

Ek kan doodgemaak word

as ek dit buite waag!


Spreuke 20:13

Vicki Fourie  :  God lief my



E-kaart:  Poppie Oosthuizen
Jesus se Seunskind @ Facebook

Sunday 20 September 2015

Ek het jou lief net soos jy is








EK 

het jou lief

net soos jy is -

WANT

jou hart

behoort aan

MY!!!


Jesus



E-kaart:  Poppie Oosthuizen
Jesus se Seunskind @ Facebook


Saturday 19 September 2015

God wil jou seën met goeie vriende en vriendinne








God wil jou seën met goeie vriende en vriendinne


Dis God se wil dat jy goeie vriende en/of vriendinne moet hê.


“Goeie goed is skaars,” sê die bekende spreekwoord.  Nêrens is dit meer waar as met vriendskap nie.  ‘n Ware vriendskapsverhouding kom nie  cheap nie, want dit vra baie van iemand se tyd en doelgerigte omgee en liefde.  In kort, dit kos baie – dis duur!

Geeneen van ons is ‘n smartvraat of wil een wees nie, maar daar kom tye in jou lewe dat jy bemoediging en ondersteuning nodig het.  Soms het jy net iemand se oor nodig wat bereid is om regtig te luister, of iemand se skouer om op te huil.  Ja, dis reg – seuns mag maar huil!  Jy kan nie na elkeen toe hardloop nie, want jy soek iemand wat werklik verstaan en werklik sal vertroos.  Dis dié soort vriend of vriendin met wie God jou wil seën, iemand wat soos Jesus betroubaar en opreg ‘n rol in jou lewe speel.

As ek aan ware vriendskap dink, dink ek aan die groepie maats wat almal hulle hare poenskop geskeer het.  Waarom?  Hulle maat met kanker se hare het uitgeval vanweë chemoterapie.  Geen prys was vir hulle te groot om te wys hulle gee om nie.  Hulle was bereid om van hulleself te gee.  Hou aan soek – dis God se hart oor vriendskap.

In die Woord:   Spreuke 17:17
Op ‘n vriend se liefde kan jy altyd reken;  jou broer is daar met die oog
op jou nood.

In die hart:
Here, ek smag na gehalte-vriendskap.  Dankie dat ek kan weet U wil dit vir my gee.  Gee my die krag om met my vriende en vriendinne daaroor te praat en seën my op u tyd met nuwe vriende en vriendinne.


Johan Smith : Kuiertyd met Jesus


  :  Jesus se Seunskind @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!



Die Here is my rots








Ek het U baie lief, Here;

U is my sterkte.

3Die Here is my rots,

my vesting en my redder,

my God, en my rots

by wie ek skuil.

Hy is my skild,

my magtige redder,

my veilige vesting.


Psalm 18:2,3



E-kaart:  Poppie Oosthuizen

Jesus se Seunskind @ Facebook

Thursday 17 September 2015








Is JY 'n moderne Nehemia??


Lees Nehemia 5: 1-4, 6, 7, 9, 10 - Ek was baie ontroerd.

Is jy ook ontroerd oor mense wat swaarkry, wat gebuk gaan onder 'n skuldelas. Baie mense wat hulle huis of besittings verpand het net om te oorleef. Hulle wat gebrek het aan kos en klere. Is jy ook gewillig om iets op te offer vir minderbevoorregte kinders? Mag jy nooit onder die verdrukkers van die armes getel word nie, maar vra vir die Here om jou lig te gee sodat jy, as jy groot is iets positiefs kan doen om hierdie mense te help oorleef, veral 'n bestaanbare verdienste of werk. Onder die Jode is daar byna geen armes nie. Die een help die ander en gou-gou is hulle weer oop die been en selfstandig. Mag die Heer ook vir jou gebruik om die reddingswerk van siel en liggaam te help vorlbring en uitbrei.




Here, Vriend van sondaars en armes, maak vir my soos 'n Nehemia, sterk van karakter, maar teer van hart en gee my wysheid om tot praktiese hulp te wees, al is dit met opoffering van my eie belange. Amen




Ekaart: Poppie Oosthuizen
Jesus se Seunskind @ Facebook




Seuntjies ღ








Seuntjies


Mans, jongmans, tienerseuns sal ALTYD seuntjies bly en dit is deels waarom ons hulle SO liefhet!  Share dit met die *seuntjie* in jou lewe!!



Seuntjies is gemaak van ...



Goggas, paddas en bontskilpaaie,
hamsters, muise en vere van kraaie.
Stukkies tou gekoek om boomgom,
en in sy broeksak 'n nat kougom. 


Houtkarre en waens met appels daarop, 
ook skopfietse wat jaag en nie kan stop.
Visstokke, hoeke en wurms in blikke
kruiwaens vol beertjies, sonder strikke. 


Kosbare klein klippies in die agtersak 
en plek waar die kettie aan vashak. 
Ook wurms, spinnekoppe en ‘n slakkie
en onder die kombers met sy brakkie! 


Vir mamma gee hy soentjies om te smul 
en hy is pappa se “eendag-Bloubul!”



geskryf deur TAMARI
gepubliseer: 25 May 2009