Friday 27 November 2015

Wêreldse dinge








Materiële, wêreldse dinge sal jou dalk tydelik bevredig, maar daardie innerlike geluk en vrede sal jy nie uit hierdie dinge kry nie. Maak tyd en bestee jou tyd aan die regte dinge. Dit begin alles met die dien van die Here. Maak dus seker jou verhouding met die Here is in plek. Kuier in stilte met God, en word net weer bewus van die waarde van stil tye saam met God. Daarsonder kan geen mens staande bly nie.

Jy is nie beter as ander nie









Jy is nie beter

as ander nie


.
Elkeen van ons is

op dieselfde vlak; niemand is beter
 
of ouliker as die ander een nie.

Vra vir Jesus om vergifnis

as jy al ooit gedink het 

jy is beter as ander.
.
Dit maak nie saak of iemand

Jood of Griek, slaaf of vry,

man of vrou is nie:

in Christus is julle almal één.


.
Galasiërs 3:28



.
Vicki Fourie





SLEGS Die Skepper kan 'n stukkende hart heelmaak!









Om 'n seerplek reg te dokter,


plak jy net 'n pleister op.


M A A R



SLEGS

Die Skepper kan


'n stukkende hart


heelmaak!

Monday 23 November 2015

'n Ware Free Lunch







'n Ware Free Lunch


Hallo Vriend/Vriendin


Daar is ’n Engelse spreekwoord wat sê: There is no such thing as a free lunch. Die spreekwoord het blykbaar in Amerika in die 1940’s begin toe kroeë vir hulle kliënte ingelok het deur vir hulle gratis middagete aan te bied, natuurlik in ruil dat hulle hulle sakke sou skud en bier sou koop. Via jou aankope van bier, betaal jy tog maar op die ou einde vir ’n “gratis” middagete.

Selfs al koop iemand vir jou middagete, is daar gewoonlik iets wat die ander persoon in ruil wil hê. Dalk wil die persoon julle verhouding diens, sodat jy volgende keer weer by hom jou produkte aankoop. Dalk is dit om dankie te sê vir ’n vorige kontrak wat ontvang is. Wanneer jy genooi word vir ’n besigheidsete is daar dikwels verskuilde agendas en jy betaal indirek daarvoor.

Wanneer ’n mens by God se besigheid kom, is daar nie verskuilde agendas nie. God doen alles met kaarte wat oop is vir almal om te sien. Ja, by God is daar ’n ding soos ’n ware free lunch. Dit was soos ’n handelstransaksie: omdat ons so sondig was, was ons God se vyande. Toe kom Jesus en betaal wat nodig is om weer alles tussen ons en God reg te maak. Dit het Hom wel sy lewe gekos, maar die vrede is herstel tussen God en almal wat aan Jesus se kant staan. Dat God so iets gedoen het sonder om te vra wat ons kan terugbetaal, wys net hoe geweldig goed Hy vir ons is.

Die free lunch wat ons van God ontvang, word moontlik gemaak deur Jesus se sterwe aan die kruis. Jesus het daarvoor betaal. Die skrywer van Efesiërs noem dit eintlik net so terloops in die vers hierbo - so asof dit vanselfsprekend is. Dit het Hom wel sy lewe gekos. Maar watter groot prys is dit nie. Ons Verlosser het die duurste prys ooit betaal. Hy het sy lewe opgeoffer. Hy was bereid om in die vallei van die dode te gaan draai, sodat ons weer die kans kan kry om by God uit te kom.

En dit doen God alles gratis. Ons kry dit gratis, free for you, mahala, jy betaal niks. Dis werklik ’n free lunch met geen verskuilde agendas nie. Nee, al wat ’n mens hier kan sien, is ’n God wat ons so liefhet dat Hy Homself nie kan keer om alle planne uit die hoed te trek om ons weer by Hom uit te kry nie. Die breuk wat daar tussen Hom en die mens as gevolg van die sonde ontstaan het, was vir Hom so erg dat Hy bereid was om sy Seun se lewe daarvoor op te offer. God sou enige iets doen en deur die daad maak God sy hele hart aan ons sigbaar: .. Dat God so iets gedoen het sonder om te vra wat ons kan terugbetaal, wys net hoe geweldig goed Hy vir ons is. Daar is eenvoudig geen einde aan al sy goedheid vir ons nie. As jy wonder waarom God so goed is, kan ek maar net sê dat God weet wat Hy doen, ja, Hy weet alles.

Sjoe, wat meer kan ons sê?

Wanneer ons by God ingaan en sy genade ervaar, daar waar ons regtig ’n free lunch kry, daar waar ons geestelike honger gestil word, kan en mag ons dit mos nie vir onsself hou nie. Ja, wanneer ons ’n winskopie of ’n gratis geskenk in die inkopiesentrum raakloop, vertel ons almal wat ons ken daarvan. Kom ons maak dieselfde met God se gratis verlossing wat Hy ons bied: Daarom moet ons vir ander vertel hoe wonderlik en groot God is en wat Hy alles vir ons gedoen het. Ons het niks verdien nie, maar God het dit verniet vir ons kom gee. Ek sê
weer: Jesus, vir wie God so lief is, het kom sorg dat dit alles gebeur.

Juanita du Plessis sing ’n liedjie met die naam: Hoe kan ek stilbly? As ek weet hoe voel U liefde. As ek weet dat U bestaan. Hoe kan ek lewe, sonder om vir U te lewe en hoe kan ek sing, sonder om vir U te sing? Oor die hoogste berge oor die hele wêreld wil ek verkondig: U is heilig. Van die ooste tot die weste tot hoog bo in die hemel. Oor die hoogste kranse wil my hart sing van al U liefde, U genade tot aan die einde sal U Naam op my lippe wees.
Ja! Ja, mag ons almal saamsing oor die ware free lunch.
Teks:
Efesiërs 1:1-14
Om oor na te dink:

Besef jy regtig wat God vir jou kom doen het?
Leef jy dit?
Weet jou pelle dit?

Gebed

Vader, God, U is heilig. Van die ooste tot die weste tot hoog bo in die hemel. Oor die hoogste kranse wil my hart sing van al U liefde, U genade tot aan die einde sal U Naam op my lippe wees. Amen


Vrede

Gerjo Ben
KRUISPAD


Saturday 21 November 2015

Die lewe in!








Die  lewe  in!



YES!!!  Ek is klaar met die dinge van ‘n kind.   Ek gaan die lewe in!”


Die oomblik waarop jy so lank gewag en waaroor jy gedroom het, breek uiteindelik aan.  Die pad van die lewe lê oop voor jou.  Nou kan jy self besluit wat jy wil doen, en dit gaan doen.  Die toekoms is joune!


Tog knaag daar soms diep binne-in jou ‘n stukkie onsekerheid.  Gaan ek slaag?  Gaan ek die regte werk kry?  Gaan ek lus bly vir al die uitdagings?  Gaan die lewe my regverdig behandel?  Sal ek myself kan handhaaf tussen ‘n klomp gemene mense?


Die pad van die lewe is nie altyd netjies geteer en vol waarskuwingstekens en inligtingsborde nie.  Soms beland jy in ‘n oerwoud vol bosse sodat jy nie so maklik weet watter rigting om te kies nie.  Of dit voel vir jou jy verdwaal in ‘n woestyn sonder hoop.


Die feit dat die lewenspad nie altyd so netjies is nie, beteken nie dat daar geen koers is nie.  Om koers te hou het jy ‘n kompas nodig.  Die kompas wat ek aanbeveel, is die  BOEK  wat al vir ééue lank  HOOP en RIGTING aan mense gegee het.  Hierdie boek is die  BYBEL.  Dis eintlik  66  boeke in een.  Een van daardie boeke, Spreuke, is jou ideale kompas.


Sommer in die eerste hoofstuk kry jy raad vir die onbekende toekoms.  Hoe gaan jy weet om die toekoms reg te hanteer, goeie keuses te maak en gelukkig te wees?  Kennis begin met die dien van die Here ... (Spr. 1:7).  Met ander woorde: gesels met die Skepper van die heelal.  Bou ‘n verhouding op met die Een wat ALLES weet, en ook jou lewenspad ken.  Vertrou op God, want Hy sal jou lei en jou help om die regte keuses te maak.  Nooi Jesus Christus om in jou te woon as jou Verlosser, want Hy het gesê: ... Ek is die weg en die waarheid en die lewe ...” (Joh. 14:6).  Gaan die lewe in deur die Lewe self ( *JESUS*) in te nooi!



Here, ek het U nodig om die lewe in te gaan.  Ek stel my tot u beskikking.



Jannie le Roux : Die lewe in


  Jesus se Seunskind / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)