Friday 8 January 2016

Om reg te kies









Om reg te kies


Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig. - Spreuke 9:10


Vandag se teksvers (Spreuke 9:10) sê ‘n mens ken goed en kwaad deur God te ken.  As jy vir God ken, ken jy die Een wat altyd reg is.  As ‘n opinie of ‘n optrede ooreenstem met God se Woord, is dit reg;  anders is dit verkeerd.


Maar as jy die Here nié ken nie, is dit onmoontlik om te weet waarvan Hy hou en nie hou nie.  As jy Hom net ken deur wat ander sê en skryf, bly jou kennis van reg en verkeerd baie beperk.


Leer Hom egter persóónlik ken – raak ‘n intiéme vriend van God, práát met Hom, dan lei jou kennis tot begrip.  Hoe béter jy vir God ken, hoe mákliker sal dit wees om te weet wat rég is en om reg te dóén.



Here, 


Ek wil U beter leer ken,
maar ek gaan u hulp nodig kry.
Help my om elke dag 
Bybel te lees en te bid
en om U so beter te leer ken.


Amen





Bob Hostetler  :  Kry lewe @ JESUS



Jesus se Seunskind / Facebook
Poppie Oosthuizen







Sunday 3 January 2016

Ek móét dit hê!









Ek móét dit hê!


Pepsi het in Amerika dié gepaste leuse”  “Gotta have it!”  Dit geld vir baie ander dinge.  Het jy al oor ‘n ou se pet of tekkies of blink fiets gevoel: “Ek *móét* dit net hê!”?

Dis waarvan die Here praat wanneer Hy sê ons mag nie begeer nie.  Maar die tiende gebod verklap ook iets belangriks oor die Here:  Hy heg baie waarde aan tevredenheid.  Hy self begeer nie.  Hy het alles wat Hy soek, want Hy *ís* ALLES wat Hy soek.  Hy wil hê ons moet tevrede wees met wat Hy vir ons gee.  Wanneer ons tevrede is, eerder as om altyd meer te begeer, weerspieël ons *SY* karakter.

Die Christen-filosoof Frances Schaeffer sê: “Elke keer wanneer ons ‘n ander gebod oortree, het ons reeds begeer, het ons rééds dié tiende gebod oortree.”  Voordat iemand steel, het hy eers begeer;  voordat iemand jok, het hy eers dít begeer wat hy sal kry uit die leuen.  *SÓ* is begeerte die oorsprong van ALLE sonde!


Jy mag nie ... begeer nie.  -  Eksodus 20:17


Here, help my om wat ek het te waardeer, om die mooi goed om my te geniet, en om tevrede te wees met U en álles wat U my gegee het.  Amen




Bob Hostetler : Kry lewe @ JESUS




Jesus se Seunskind Bediening / Facebook