Wees jy ‘n ware vriend
In Fokus: Voordat jy vriende of vriendinne kan hê, moet
jy éérs vir ander ‘n ware vriend wees.
Vandag se samelewing is so woes ingestel daarop om te
ontvang en toe te sien dat alles waarop hulle geregtig is, hulle wel
ontvang. Almal staan op hulle regte en
stel net eis op eis. We demand! Hulle mis
nie ‘n kans om te kan vat van ander nie.
Met ware vriendskap is die heel belangrikste om
presies ánders op te tree. Vóórdat jy eise stel en op jou regte staan, probeer
van jóú kant af ‘n ware vriend wees.
Betroubare, opregte mense wat genuine
care en mekaar deur dik en dun bystaan, is so verskriklik skaars. Leë beloftes en leë woorde is aan die orde
van die dag. Dade van liefde en omgee
wat harder praat as enige woorde is wat vandag nodig is in
vriendskapsverhoudings!
Vriendskap is hárde werk en doelgerigte gee van jóúself. Ja, jy kan kitskos-hoender en kitskos-hamburger
kry. Vir bykans enigiets is daar vandag ‘n
quick-fix. Jy kry egter nie plastic vriendskap nie. Daar
is ‘n spreekwoord wat sê voordat jy iemand anders as vriend of vriendin kan hê,
moet jy sélf eers ‘n vriend of vriendin wees.
Dit beteken gee van jóúself, wees die mínste, réík uit na ander en jy sál
geseën word met kosbare vriende en vriendinne.
In die Woord:
Reukolie en wierook is iets om te geniet, maar die
genot van vriendskap lê in die raad wat jy kry.
- Spreuke 27:9
In die hart:
Here, maak my anders;
iemand wat géé eerder as neem.
Maak my ‘n wáre vriend in my vriendekring.
Johan Smith : Kuiertyd met
JESUS
✉
: Jesus se Seunskind @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡