‘n Nuwe toekoms en verwagtings
Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n
verwagting! - Jeremia 29:11
Net as jy jou kontaklense verloor het, sal jy sê
hierdie bos is mooi. Toe jy elf was, het
jy die bos waarin die volwasse diere brul en baklei só gekyk en gewonder hoe jy
daar kon uitbly. Want: een van jou vriende se pa het selfmoord
gepleeg; die stilste ou in die klas se
broer is met Satanisme deurmekaar; jou
pa en ma was al op die randjie van ‘n egskeiding; te erg vir kinders; hulle sê ‘n komeet gaan die bos tref en dat
die einde van die wêreld naby is;
chemiese ontploffings in jou maak jou deurmekaar; die storie word vertel dat God dood is en
soms glo jy dit amper; iemand wat jy ken
se ouma is op ‘n plaas vermoor; julle
motor is gesteel ...
Gelúkkig het jy
as baie verwarde en deurmekaar kind vir Mý, jou God en Vader wat áltyd by jou
is. Ek beplan vir jou ‘n núwe toekoms en
núwe verwagtings. As jy mý kind is en in
My bly soos die lote in die wingerdstok, kan jy stééds bly en gelukkig wees
want Ék sorg vir jou in álle
situasie selfs dié wat onnatuurlik is!
Sal jy daarvan hou om anders te wees? ‘n Nagtegaal in plaas van ‘n vlermuis; ‘n sterk beer pleks van ‘n hiëna? Begin as mý kinders dink en doen want Ék is by julle en sal julle nie vir een énkele
oomblik alleen laat op jul eie nie! Ek
is báie lief vir julle!
~ Maretha
Maartens ~
✉ : Jesus
se Seunskind @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die
eer! ♡†♡
No comments:
Post a Comment