EK maak nie mislukkings nie
Daar kom wysheid uit die mond van die regverdige, ‘n
tong wat kwaad stig, sal uitgesny word.
- Spreuke 10:31
Waaraan dink jy as jy die woord “moord” hoor? Jy dink aan iemand wat ‘n onskuldige mens
doodmaak. Maar my Woord leer jou van ‘n
ander soort moord. Moord is nie net as
jy ‘n ander persoon doodmaak nie. Dis
ook as jy jou vriende met jou woorde seermaak.
As jy lelike dinge vir iemand sê soos:
“Jy is ‘n regte pyn,” of: “Jy is lekker dof,” of as jy iemand afkraak. As jy sulke dinge doen, beteken dit jy het
reeds my Wet gebreek. Dan verwag Ek van
jou om vergifnis te vra.
Onthou, as jy lelik van of met iemand praat, word Ek
hartseer omdat jy dit aan een van my kinders doen en Ek het julle almal lief.
Al hou jy nie van ‘n sekere persoon nie, mag jy hom of
haar nie met jou tong seermaak nie.
Onthou, daardie persoon is iemand wat Ek gemaak het. Ek is lief vir julle omdat julle elkeen op
julle eie manier spesiaal is.
My kind, Ek maak nie foute nie. Dink twee keer voor jy met iemand lelik
is. Vra eerder vir My om die mooi in
daardie persoon vir jou te wys. Jy wil
mos nie een van my kinders seermaak nie, wil jy?
Nedine Blom : Briewe van God
✉
: Jesus se Seunskind @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡
