Tuesday, 15 September 2015

EK maak nie mislukkigs nie








EK maak nie mislukkings nie


Daar kom wysheid uit die mond van die regverdige, ‘n tong wat kwaad stig, sal uitgesny word.  -  Spreuke 10:31


Waaraan dink jy as jy die woord “moord” hoor?  Jy dink aan iemand wat ‘n onskuldige mens doodmaak.  Maar my Woord leer jou van ‘n ander soort moord.  Moord is nie net as jy ‘n ander persoon doodmaak nie.  Dis ook as jy jou vriende met jou woorde seermaak.  As jy lelike dinge vir iemand sê soos:  “Jy is ‘n regte pyn,”  of:  “Jy is lekker dof,”  of as jy iemand afkraak.  As jy sulke dinge doen, beteken dit jy het reeds my Wet gebreek.  Dan verwag Ek van jou om vergifnis te vra.


Onthou, as jy lelik van of met iemand praat, word Ek hartseer omdat jy dit aan een van my kinders doen en Ek het julle almal lief.


Al hou jy nie van ‘n sekere persoon nie, mag jy hom of haar nie met jou tong seermaak nie.  Onthou, daardie persoon is iemand wat Ek gemaak het.  Ek is lief vir julle omdat julle elkeen op julle eie manier spesiaal is.


My kind, Ek maak nie foute nie.  Dink twee keer voor jy met iemand lelik is.  Vra eerder vir My om die mooi in daardie persoon vir jou te wys.  Jy wil mos nie een van my kinders seermaak nie, wil jy?


Nedine Blom  :  Briewe van God


✉  :  Jesus se Seunskind @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡



God wil nie jou rug sien nie








God

wil nie jou rug sien nie

Hy

wil vir jou in die oë kyk

en sê:

"Ek is lief vir jou!!!"




Poppie Oosthuizen
Jesus se Seunskind @ FB





Wednesday, 9 September 2015

Triomf






Hoe

moeiliker  die

struikelblom wat jy

OORKOM ...

Hoe meer

GLORIERYK

is die

TRIOMF

agterna


E-kaart:  Sonja Peacock




Die Versteekte Pryskaartjie 2





DIE VERSTEEKTE PRYSKAARTJIE (2)


As die duiwel sy produkte uitstal, moet jy weet, hy sorg dat die pryskaartjie baie goed versteek is. Hy sorg dat mense neem en bekom om dan later, heelwat later, met die prys voor ‘n dag te kom.

Alkohol (In dieselfde asem noem ek ook dwelms)
‘n Mens moet voorwaar baie sterk wees wanneer ‘n drank advertensie op tv vertoon word. Hoe die stomme persoon dit moet uithou wat ‘n alkohol probleme het, weet nugter! Daarom dat Spr. 23:31 waarsku: “Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie.”

In die advertensie word dit voorgehou asof dit die wonderlikste ding is wat met jou kan gebeur! Die drank val glansryk in die glas met ys. Ja, met eish ... Mens wonder of selfs die engele nie hulle oë toedruk, so verleidelik is dit.
Maar ... die versteekte pryskaartjie!!! Dis ‘n lys so lank, dit krul amper oor die horison:

  • Onder die invloed openbaar vele die gedrag van ‘n onbeskofte skobbejak.
  • Oggendhoofpyne
  • Braking
  • Verlies aan selfrespek en ander se respek
  • Skuldgevoelens
  • Verslawing
  • Alkoholisme
  • Hoë bloeddruk
  • Maagsere
  • Nierversaking
  • Floutes
  • Swak gesondheid
  • Velswere
  • Slegte spysvertering
  • Algemene wanvoeding
  • Vernietiging van die normale funksionering van die lewer
  • Verlies van breinweefsel
  • Vatbaarheid vir longsiektes
  • Hartspierdistrofie
  • Selfvergiftiging
  • Senuweesiektes
  • Onderprestasie
  • Werksverlies
  • Aggressiewe gedrag
  • Depressie
  • Die oormatige gebruik van alkohol het op die langtermyn 'n verwoestende effek op jou huwelik en die hele gesin!
  • 1 Kor. 6:10 – “Moenie dwaal nie! Geen ... dronkaards ... sal die koninkryk van God beërwe nie.”

Hoor hoe beskryf Spr. 23:32 die versteekte pryskaartjie: “op die end byt dit soos ‘n slang en spuug gif uit soos ‘n basilisk.”
Die wysste ding vir die Christen, as dit kom by die keuse tussen die gebruik van alkohol of nie; is om ‘n geheelonthouer te wees!
As jy vasgevang is in die wurggreep van alkoholisme; die Here Jesus het op die kruishout vir jou gesterf en Hy roep jou (Mat. 11:28): “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.”


~ Pastoor Piet Smit ~

Monday, 7 September 2015

Ek het nie witbroodjies nie






Ek het nie witbroodjies nie


Die waarde van silwer word in ‘n smeltkroes getoets, dié van goud in ‘n oond, dié van ‘n mens aan die lof wat hy ontvang.  -  Spreuke 27:21


In hierdie lewe leer jy as mens en as kind sekere vaardighede wat jou meer aantreklik en verkoopbaar maak.   Hoe beter geskool of gekwalifiseer jy is en hoe meer in aanvraag die beroep of loopbaan wat jy kies, hoe groter sal jou salaris wees.  Uit ‘n geld-oogpunt gesien, is jy dus meer werd as jy goed gekwalifiseerd is.  Dit maak jou vir My as jou Vader nie meer waardevol of belangrik as ander mense nie.

Of jy nou ‘n miljoenêr word en of jy en jou maat net genoeg verdien om die pot aan die kook te hou – voor My as julle God is almal ewe veel werd.

Ek trek niemand voor nie.  Jou persoonlike waarde as kind en as mens is daardie stel waarde wat jou help om situasies en dinge rondom jou te meet aan dit wat vir jou as My kind belangrik is.  Dit help jou om te onderskei tussen reg en verkeerd en maniere van optree wat aanvaarbaar is en wat onaanvaarbaar is.

Omdat geld jou maklik verkeerd kan laat dink, moet jy stewig staan in dié dinge wat vir jou as   MY  kind belangrik is.   My Woord leer jou dat jou liefde vir My en jou commitment en omgee vir mense om jou belangriker is as al die geld en goed van die wêreld.


Danie Vorster  :  Briewe van God

✉  :  Jesus se Seunskind @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡




Saturday, 5 September 2015

Sy naam was Billy






Sy naam was Billy.


Hy het woeste hare, dra ‘n T-hemp met gate in, ‘n denimbroek en geen skoene aan sy voete nie. Dit was letterlik sy héle klerekas vir die hele vier jaar op kollege.

Hy was briljant en báie slim. Hy het ‘n gelowige geword terwyl hy op kollege was.

In die straat oorkant die kollegekampus was die kerkgebou van ‘n baie netjiese en baie konserwatiewe gemeente. Hulle wou ‘n bediening begin vir die kollegestudente, maar het nie regtig geweet waar om te begin nie.

Een Sondagoggend daag Billy by die kerk op ― geklee in sy gewone T-hemp, denim, ongeskeer, sy hare wat wild staan en kaalvoet. Die diens het reeds begin en Billy het in die paadjie afgestap op soek na sitplek, maar die kerk was stampvol en daar was nie ‘n enkele sitplek beskikbaar nie. Van die gemeentelede het kriewelrig rondgeskuif en ander het ongemaklik onder mekaar gefluister. Voor by die preekstoel besef Billie dat daar geen sitplek beskikbaar was nie, en hy maak homself toe op die mat tuis.

Teen dié tyd was die gemeentelede alreeds erg opgetrek oor die situasie en die atmosfeer so dik dat jy dit amper met ‘n mes kon sny. Juis toe merk die dominee dat een van sy gewese ouderlinge van heel agter in die kerk op pad is na Billy toe. Die oubaas was reeds in sy tagtigs, met silwergrys hare en, soos altyd, netjies geklee in sy swart driestuk pak. Almal het hom geken as ‘n waardige, Godvresende man ― met sy kierie het hy statig en hoflik sy weg gebaan na die jongman daar voor die preekstoel.

Die kerk was doodstil, behalwe vir die getik van die ouderling se kierie op die vloer. Alle oë was vasgenael op die oubaas en die gemeentelede het skaars asemgehaal, want hulle het geweet die oubaas loop nie draaie as dit by reg en verkeerd kom nie. Selfs die dominee het gespanne en in stilte gewag om te sien wat gaan gebeur.

Toe die oubaas uiteindelik die jongman bereik, het hy sy kierie laat val, en stadig en met groot moeite op die mat neergesak en sê:  “So ja,  nou sit jy darem nie so alleen nie.”

Hier en daar het daar ‘n trane in die oë gekom van die gemeentelede en die gemoedere het vol geword. Toe die prediker eindelik beheer oor sy emosies kry sê hy toe: “Wat ek vandag preek sal julle miskien môre vergeet het,  maar wat vandag híér gebeur het, sal julle vir  áltyd onthou.

Wees versigtig hóé julle leef ... jý mag dalk die énigste Bybel wees wat iemand anders kry om te lees!




✉  :  Jesus se Seunskind @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡

Thursday, 27 August 2015

Wees jy 'n ware vriend






Wees jy ‘n ware vriend


In Fokus:  Voordat jy vriende of vriendinne kan hê, moet jy éérs vir ander ‘n ware vriend wees.


Vandag se samelewing is so woes ingestel daarop om te ontvang en toe te sien dat alles waarop hulle geregtig is, hulle wel ontvang.  Almal staan op hulle regte en stel net eis op eis.  We demand!   Hulle mis nie ‘n kans om te kan vat van ander nie.

Met ware vriendskap is die heel belangrikste om presies ánders op te tree.  Vóórdat  jy eise stel en op jou regte staan, probeer van jóú kant af ‘n ware vriend wees.  Betroubare, opregte mense wat genuine care en mekaar deur dik en dun bystaan, is so verskriklik skaars.  Leë beloftes en leë woorde is aan die orde van die dag.  Dade van liefde en omgee wat harder praat as enige woorde is wat vandag nodig is in vriendskapsverhoudings!

Vriendskap is hárde werk en doelgerigte gee van jóúself.  Ja, jy kan kitskos-hoender en kitskos-hamburger kry.  Vir bykans enigiets is daar vandag ‘n quick-fix.  Jy kry egter nie plastic vriendskap nie.  Daar is ‘n spreekwoord wat sê voordat jy iemand anders as vriend of vriendin kan hê, moet jy sélf eers ‘n vriend of vriendin wees.  Dit beteken gee van jóúself, wees die mínste, réík uit na ander en jy sál geseën word met kosbare vriende en vriendinne.


In die Woord: 
Reukolie en wierook is iets om te geniet, maar die genot van vriendskap lê in die raad wat jy kry.  -  Spreuke 27:9 


In die hart:
Here, maak my anders;  iemand wat géé eerder as neem.  Maak my ‘n wáre vriend in my vriendekring.


Johan Smith  :  Kuiertyd met  JESUS



✉  :  Jesus se Seunskind @ Facebook ♡
♡†♡ Aan God die drie-enige, alleen die eer! ♡†♡