Monday, 28 September 2015

Selfs toe U in die gesig gespuug is






Meester,


U wat kon kalm bly en

U selfbeheersing behou selfs toe

U in die gesig gespuug is,

leer my ook tog om myself te beheers.

Neem U die hele bestuur

van my lewe in U hand en

gebruik al my krag en energie en lewenslus

in die REGTE rigting - U rigting.


Amen




E-kaart:  Poppie Oosthuizen
Jesus se Seunskind @ Facebook





Sunday, 27 September 2015

Nog 'n enkele traan in U Vaderoë nie







Here,


Van nou af wil ek

nie die rede wees

vir nog 'n enkele

traan in U Vaderoë nie.

Help my asb daarin.


Amen





E-kaart:  Poppie Oosthuizen
Jesus se Seunskind @ Facebook





Saturday, 26 September 2015

Ek wil ook so graag 'n kind van God wees!








Here,


Vergeef my dat 
ek my so onaanvaarbaar
en sondig gedra.
Ek wil ook so graag
'n kind van God wees!
Help U my
om my lewe te verander
en vul my hart met
U liefde
sodat ek
in staat sal wees om
vir U en my medemens
te eerbiedig.


Amen




Jesus se Seunskind @ Facebook

Friday, 25 September 2015

Beskerming @ Drank & Dwelms







Hemelse Vader


Beskerm my en my vriende asseblief teen die
versoeking, mag & groepdruk teen drank en dwelms.

Help ons om 'n besliste standpunt daarteen
in te neem, en bekroon ook ons studies &
drome oor 'n sportloopbaan met U seëninge
en sukses.

In Jesus kosbare Naam vra ek dit.


Amen



U seunskind







Thursday, 24 September 2015

Gebed - Om kalm te bly en te oorwin








Vredevolle Meester,


Help my

om nie altyd

so gou te wees

om die swaard uit te ruk en

rusie te maak nie.

Leer my om kalm te bly 

en te oorwin

deur eers 'n oorwinning

oor myself te behaal,

om Jesus ontwil.


Amen




Jesus se Seunskind @ Facebook

Wednesday, 23 September 2015

Ek gee vir jou om!








Ek gee vir jou om ღ


... want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.  -  Matteus 6:8


Jy wonder dikwels of Ek as God weet wat met jou gebeur.  Jy wonder of Ek in jou belang stel of omgee wat met jou gebeur.  Jy vertel alles vir My maar dan lyk dit baiekeer vir jou asof Ek nie jou gebede hoor nie?

Die probleeem is jy dink Ek weet nie ... totdat jy My van jou ellende en jou seerkry vertel.  Maar my kind, Ek verseker jou dat Ek as jou God álles weet, nog voordat jy vir My iets vra.

Tog weet Ek ook wat jy as my kind nié nodig het nie.  Ek weet dit wat jy vra nie eintlik góéd vir jou is nie.

Ek weet daar is min dinge wat jou so waardeloos laat voel as die besef dat niémand van jou weet óf in jou belang stel nie.  Jy kan egter doodseker wees:  Ék as jou Maker en Vader wéét elke oomblik van die dag van jou en gee vir jou om.  Ál voel jy alleen.  Ál is daar probleme by die skool en die huis.  Ek wil hê jy moet jou gevóélens en gedágtes met My deel, want as jy *dit* doen, kry jy núwe moed en krag in My om jou lewe te face.

Gló My maar:  Ek wéét van jou en is liéf vir jou.  Ek weet ook wát jy régtig nodig het.



Ampie Barnard : Briewe van God





As jy 'n sinvolle verhouding met God wil hê








As jy 'n sinvolle gehalte verhouding 

met God wil ervaar,

is dit nodig om tyd met God deur te bring

en met Hom te kommunikeer.

Een ding kan jy vir seker weet:

Dit is presies wat God verlang  -

om met jou, sy kind,

tyd deur te bring

en met jou te praat.

God is liefde

en God wil daardie liefde

oor jou uitstort.




Johan Smith :  God se hartklop vir jou