Sunday 3 January 2016

Ek móét dit hê!









Ek móét dit hê!


Pepsi het in Amerika dié gepaste leuse”  “Gotta have it!”  Dit geld vir baie ander dinge.  Het jy al oor ‘n ou se pet of tekkies of blink fiets gevoel: “Ek *móét* dit net hê!”?

Dis waarvan die Here praat wanneer Hy sê ons mag nie begeer nie.  Maar die tiende gebod verklap ook iets belangriks oor die Here:  Hy heg baie waarde aan tevredenheid.  Hy self begeer nie.  Hy het alles wat Hy soek, want Hy *ís* ALLES wat Hy soek.  Hy wil hê ons moet tevrede wees met wat Hy vir ons gee.  Wanneer ons tevrede is, eerder as om altyd meer te begeer, weerspieël ons *SY* karakter.

Die Christen-filosoof Frances Schaeffer sê: “Elke keer wanneer ons ‘n ander gebod oortree, het ons reeds begeer, het ons rééds dié tiende gebod oortree.”  Voordat iemand steel, het hy eers begeer;  voordat iemand jok, het hy eers dít begeer wat hy sal kry uit die leuen.  *SÓ* is begeerte die oorsprong van ALLE sonde!


Jy mag nie ... begeer nie.  -  Eksodus 20:17


Here, help my om wat ek het te waardeer, om die mooi goed om my te geniet, en om tevrede te wees met U en álles wat U my gegee het.  Amen




Bob Hostetler : Kry lewe @ JESUS




Jesus se Seunskind Bediening / Facebook









No comments:

Post a Comment