Friday 8 January 2016

Om reg te kies









Om reg te kies


Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig. - Spreuke 9:10


Vandag se teksvers (Spreuke 9:10) sê ‘n mens ken goed en kwaad deur God te ken.  As jy vir God ken, ken jy die Een wat altyd reg is.  As ‘n opinie of ‘n optrede ooreenstem met God se Woord, is dit reg;  anders is dit verkeerd.


Maar as jy die Here nié ken nie, is dit onmoontlik om te weet waarvan Hy hou en nie hou nie.  As jy Hom net ken deur wat ander sê en skryf, bly jou kennis van reg en verkeerd baie beperk.


Leer Hom egter persóónlik ken – raak ‘n intiéme vriend van God, práát met Hom, dan lei jou kennis tot begrip.  Hoe béter jy vir God ken, hoe mákliker sal dit wees om te weet wat rég is en om reg te dóén.



Here, 


Ek wil U beter leer ken,
maar ek gaan u hulp nodig kry.
Help my om elke dag 
Bybel te lees en te bid
en om U so beter te leer ken.


Amen





Bob Hostetler  :  Kry lewe @ JESUS



Jesus se Seunskind / Facebook
Poppie Oosthuizen







Sunday 3 January 2016

Ek móét dit hê!









Ek móét dit hê!


Pepsi het in Amerika dié gepaste leuse”  “Gotta have it!”  Dit geld vir baie ander dinge.  Het jy al oor ‘n ou se pet of tekkies of blink fiets gevoel: “Ek *móét* dit net hê!”?

Dis waarvan die Here praat wanneer Hy sê ons mag nie begeer nie.  Maar die tiende gebod verklap ook iets belangriks oor die Here:  Hy heg baie waarde aan tevredenheid.  Hy self begeer nie.  Hy het alles wat Hy soek, want Hy *ís* ALLES wat Hy soek.  Hy wil hê ons moet tevrede wees met wat Hy vir ons gee.  Wanneer ons tevrede is, eerder as om altyd meer te begeer, weerspieël ons *SY* karakter.

Die Christen-filosoof Frances Schaeffer sê: “Elke keer wanneer ons ‘n ander gebod oortree, het ons reeds begeer, het ons rééds dié tiende gebod oortree.”  Voordat iemand steel, het hy eers begeer;  voordat iemand jok, het hy eers dít begeer wat hy sal kry uit die leuen.  *SÓ* is begeerte die oorsprong van ALLE sonde!


Jy mag nie ... begeer nie.  -  Eksodus 20:17


Here, help my om wat ek het te waardeer, om die mooi goed om my te geniet, en om tevrede te wees met U en álles wat U my gegee het.  Amen




Bob Hostetler : Kry lewe @ JESUS




Jesus se Seunskind Bediening / Facebook









Monday 14 December 2015

Voorbladnuus








Voorbladnuus



Verbeel jou jy tel môreoggend die koerant op en sien die volgende opskrifte:


·       Misdaadsyfer val skerp
·       Dwelmslaaf vind R5 000 in drom – oorhandig dit aan polisie
·       Grootste bank in wêreld sluit nooit kluis!
·       Diefstal verdwyn oor lae pryse
·       Diefwering- en alarmstelsel-vervaardigers speel bankrot
·       Metaalverklikkers op lughawens onnodig, sê sekuriteitshoof.


Dit sou wonderlik gewees het, nê?  Die lewe sou baie anders gewees het as almal skielik eerlik was.  Jy sou nie deur metaalverklikkers by die lughawe hoef te stap nie.  Jy sou nie jou huis, motor, sluitkas of enigiets anders hoef te sluit nie.  Dit sou nogal kwaai wees!


Dít gee jou ‘n idee van die wysheid van God se opdragte.  As ons almal aan Hom gehoorsaam is, sal die wêreld ‘n beter plek wees.  Die Bybel sê:  “Wie opreg leef, word uitgevind”  (Spreuke 10:9).


Maar natuurlik gaan die wêreld nie oornag eerlik word nie.  Dit sal nie eerns bietjie vir bietjie heeltemal eerlik word nie.  Maar *ék* en *jý* kan.  Ons kan God se opdragte volg om nie te jok, te steel of te bedrieg nie.


Ons sal nie die wêreld kan verander nie, maar ons sal dit beslis regkry om ónsself (en dalk óók ‘n paar mense rondom ons) te verander.


Lees Levitikus 16:3-12

As julle my ... gebooie gehoorsaam en daarvolgens lewe ...  Ek sal vrede gee in die land sodat julle rustig kan slaap – Levitikus 26:3,6.


Gebed

Here,  U sê dat mense met integriteit ‘n stewige staanplek in die lewe het.  Help my om my staanplek stewig in eerlikheid te anker.



Bob Hostetler  :  Kry lewe @ JESUS


  Jesus se Seunskind / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




Saturday 12 December 2015

GOD se woorde is soos EGTE SILWER








GOD se woorde is soos EGTE SILWER


Daar is niks vals in wat die Here sê nie.  Sy woorde is soos silwer ...    (Psalm 12:7)


Ons moet probeer om te doen, wat ons belowe het ons sal doen.  Somtyds val daar dinge voor sodat dit vir ons moeilik is om beloftes uit te voer.  Maar ons moet regtig probeer om nie vals woorde te praat nie.


Daar is  IEMAND se woorde wat nóóit vals is nie:  die  Here s’n.  Wat Hy sê, is waar.  Hy kan nie jok nie.  Hy kan nét die waarheid praat.  Hy kan nie vir ons met sy woorde om die bos lei nie, want Hy is heilig.  Sy woorde is die waarheid.  God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie ... (Num. 23:19) Sy woorde is soos egte silwer.  Dis wonderlik om te weet dat daar in ‘n wêreld vol vals woorde egte, ware woorde is.


Dankie Here, dat ons ten volle op U kan vertrou, omdat ons byvoorbaat weet dat  U nét die waarheid praat.  Help ons om soos U te wees en nie eens ‘n witleuentjie sal oorweeg nie, want leuentaal klein of groot het nie ‘n verskil nie.



Jongman Vuurwarm vir  JESUS / Facebook






Friday 11 December 2015

Selfbeheersing is moeilik!








Selfbeheersing is moeilik!


Ons almal doen dit, soms sonder

dat ons dit besef.  Ons *flirt* met die

teenoorgesteld geslag.  Maar ons is nie

meer van die wêreld nie, dus moet ons

selfbeheersing toepas in dit wat ons sê ook.



Dit voed ons op om die

goddelose leefwyse en wêreldse

begeerlikhede te laat vaar en met

selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in

die teenswoordige wêreld te lewe.


Titus 2:12



Vicki Fourie : God lief my




Jesus se Seunskind / Facebook









Wednesday 9 December 2015

HERE ek gee my oor aan die Gees se beheer








Wat die Gees wil, is in stryd met wat ons 

sondige 

natuur begeer ... 

en daarom kan julle nie doen wat 

hulle graag wil nie.


- Galasiërs 5:17




Here, 


Ek gee my oor aan die Gees se beheer.

Help my om U te vertrou wanneer ek moet kies

tussen reg en verkeerd
.
Dankie vir die wysheid en krag om

reg op te tree.






HY verhef die minderwaardige uit die stof








Hy verhef die minderwaardige

uit die stof
,
die behoeftige

uit die ashoop!

Hy behandel hulle soos prinse


en laat hulle op ereplekke sit ...




1 Samuel 2:8 (Nuwe Lewende Vertaling)