Monday 14 December 2015

Voorbladnuus








Voorbladnuus



Verbeel jou jy tel môreoggend die koerant op en sien die volgende opskrifte:


·       Misdaadsyfer val skerp
·       Dwelmslaaf vind R5 000 in drom – oorhandig dit aan polisie
·       Grootste bank in wêreld sluit nooit kluis!
·       Diefstal verdwyn oor lae pryse
·       Diefwering- en alarmstelsel-vervaardigers speel bankrot
·       Metaalverklikkers op lughawens onnodig, sê sekuriteitshoof.


Dit sou wonderlik gewees het, nê?  Die lewe sou baie anders gewees het as almal skielik eerlik was.  Jy sou nie deur metaalverklikkers by die lughawe hoef te stap nie.  Jy sou nie jou huis, motor, sluitkas of enigiets anders hoef te sluit nie.  Dit sou nogal kwaai wees!


Dít gee jou ‘n idee van die wysheid van God se opdragte.  As ons almal aan Hom gehoorsaam is, sal die wêreld ‘n beter plek wees.  Die Bybel sê:  “Wie opreg leef, word uitgevind”  (Spreuke 10:9).


Maar natuurlik gaan die wêreld nie oornag eerlik word nie.  Dit sal nie eerns bietjie vir bietjie heeltemal eerlik word nie.  Maar *ék* en *jý* kan.  Ons kan God se opdragte volg om nie te jok, te steel of te bedrieg nie.


Ons sal nie die wêreld kan verander nie, maar ons sal dit beslis regkry om ónsself (en dalk óók ‘n paar mense rondom ons) te verander.


Lees Levitikus 16:3-12

As julle my ... gebooie gehoorsaam en daarvolgens lewe ...  Ek sal vrede gee in die land sodat julle rustig kan slaap – Levitikus 26:3,6.


Gebed

Here,  U sê dat mense met integriteit ‘n stewige staanplek in die lewe het.  Help my om my staanplek stewig in eerlikheid te anker.



Bob Hostetler  :  Kry lewe @ JESUS


  Jesus se Seunskind / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




No comments:

Post a Comment