Saturday 12 December 2015

GOD se woorde is soos EGTE SILWER








GOD se woorde is soos EGTE SILWER


Daar is niks vals in wat die Here sê nie.  Sy woorde is soos silwer ...    (Psalm 12:7)


Ons moet probeer om te doen, wat ons belowe het ons sal doen.  Somtyds val daar dinge voor sodat dit vir ons moeilik is om beloftes uit te voer.  Maar ons moet regtig probeer om nie vals woorde te praat nie.


Daar is  IEMAND se woorde wat nóóit vals is nie:  die  Here s’n.  Wat Hy sê, is waar.  Hy kan nie jok nie.  Hy kan nét die waarheid praat.  Hy kan nie vir ons met sy woorde om die bos lei nie, want Hy is heilig.  Sy woorde is die waarheid.  God is nie ‘n mens dat Hy sou lieg nie ... (Num. 23:19) Sy woorde is soos egte silwer.  Dis wonderlik om te weet dat daar in ‘n wêreld vol vals woorde egte, ware woorde is.


Dankie Here, dat ons ten volle op U kan vertrou, omdat ons byvoorbaat weet dat  U nét die waarheid praat.  Help ons om soos U te wees en nie eens ‘n witleuentjie sal oorweeg nie, want leuentaal klein of groot het nie ‘n verskil nie.



Jongman Vuurwarm vir  JESUS / Facebook






No comments:

Post a Comment