Saturday 21 November 2015

Die lewe in!








Die  lewe  in!



YES!!!  Ek is klaar met die dinge van ‘n kind.   Ek gaan die lewe in!”


Die oomblik waarop jy so lank gewag en waaroor jy gedroom het, breek uiteindelik aan.  Die pad van die lewe lê oop voor jou.  Nou kan jy self besluit wat jy wil doen, en dit gaan doen.  Die toekoms is joune!


Tog knaag daar soms diep binne-in jou ‘n stukkie onsekerheid.  Gaan ek slaag?  Gaan ek die regte werk kry?  Gaan ek lus bly vir al die uitdagings?  Gaan die lewe my regverdig behandel?  Sal ek myself kan handhaaf tussen ‘n klomp gemene mense?


Die pad van die lewe is nie altyd netjies geteer en vol waarskuwingstekens en inligtingsborde nie.  Soms beland jy in ‘n oerwoud vol bosse sodat jy nie so maklik weet watter rigting om te kies nie.  Of dit voel vir jou jy verdwaal in ‘n woestyn sonder hoop.


Die feit dat die lewenspad nie altyd so netjies is nie, beteken nie dat daar geen koers is nie.  Om koers te hou het jy ‘n kompas nodig.  Die kompas wat ek aanbeveel, is die  BOEK  wat al vir ééue lank  HOOP en RIGTING aan mense gegee het.  Hierdie boek is die  BYBEL.  Dis eintlik  66  boeke in een.  Een van daardie boeke, Spreuke, is jou ideale kompas.


Sommer in die eerste hoofstuk kry jy raad vir die onbekende toekoms.  Hoe gaan jy weet om die toekoms reg te hanteer, goeie keuses te maak en gelukkig te wees?  Kennis begin met die dien van die Here ... (Spr. 1:7).  Met ander woorde: gesels met die Skepper van die heelal.  Bou ‘n verhouding op met die Een wat ALLES weet, en ook jou lewenspad ken.  Vertrou op God, want Hy sal jou lei en jou help om die regte keuses te maak.  Nooi Jesus Christus om in jou te woon as jou Verlosser, want Hy het gesê: ... Ek is die weg en die waarheid en die lewe ...” (Joh. 14:6).  Gaan die lewe in deur die Lewe self ( *JESUS*) in te nooi!



Here, ek het U nodig om die lewe in te gaan.  Ek stel my tot u beskikking.



Jannie le Roux : Die lewe in


  Jesus se Seunskind / Facebook
Aan God drie-enig, alleen die eer!



(Die uitsendings van al my boodskappe, hang af van die stabiliteit van my internet konneksie.  Wanneer daar dus onderbrekings daarin is, sal daar ongelukkig ook geen boodskappe uitgestuur kan word nie.)




No comments:

Post a Comment