Tuesday 25 August 2015

Kies jou pelle versigtig






Kies jou pelle versigtig


In Fokus:  Die keuse van jou vriende en vriendinne het ‘n geweldige invloed op jou lewe.


Soos jy jou kinderskoene ontgroei en voortsnel deur jou jongmensjare na volwassenheid, is die rol van jou vriende en vriendinne baie belangrik.  In jou kinderjare het Pa en Ma die grootste rol gespeel.  Met jou uiteindelike groter independence luister jy veel eerder na die raad van jou pelle.  Juis daarom is die keuse van die regte vriende en vriendinne so verskriklik belangrik.  Ja, pasop, want verkeerde keuses op hierdie terrein van jou lewe kan jou van die wal in die sloot “help”.

Die Bybel gebruik ‘n kras woord as daarna verwys word dat maats jou kan breek.  Hoeveel jongmense word nie “gebreek” deur verkeerde vriende of vriendinne se invloed, raad en swak voorbeeld nie.  Diep binne-in jou besef jy dalk jy is besig om te mors met jou lewe, maar jy glo jy verdien nie beter as die pelle met wie jy jou tans ophou nie.  Onthou, hulle vryf op jou af.  Hulle plaas druk op jou om nes hulle te wees.

Wil nie nie vandag ‘n keuse doen om te breek met verkeerde vriende of vriendinne nie?  Erken dat hulle besig is om jou te breek.  Kies vriende en vriendinne aan wie jy kan bou en wat inbou in jou lewe.  Ja, kies vriende en vriendinne van wie Michael W. Smith sing: 


Friends are friends forever if the Lord is the Lord of them.


In die Woord:  Maats kan jou breek, maar daar kan ook ‘n vriend wees wat nader is as ‘n broer.  -  Spreuke 18:24


In die Hart:  Here, help my om vriende en vriendinne te kies wat ook vir U ken en liefhet.



Johan Smith  :  Kuiertyd met Jesus


  :  Jesus se Seunskind @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!


No comments:

Post a Comment