Thursday 27 August 2015

Wees jy 'n ware vriend






Wees jy ‘n ware vriend


In Fokus:  Voordat jy vriende of vriendinne kan hê, moet jy éérs vir ander ‘n ware vriend wees.


Vandag se samelewing is so woes ingestel daarop om te ontvang en toe te sien dat alles waarop hulle geregtig is, hulle wel ontvang.  Almal staan op hulle regte en stel net eis op eis.  We demand!   Hulle mis nie ‘n kans om te kan vat van ander nie.

Met ware vriendskap is die heel belangrikste om presies ánders op te tree.  Vóórdat  jy eise stel en op jou regte staan, probeer van jóú kant af ‘n ware vriend wees.  Betroubare, opregte mense wat genuine care en mekaar deur dik en dun bystaan, is so verskriklik skaars.  Leë beloftes en leë woorde is aan die orde van die dag.  Dade van liefde en omgee wat harder praat as enige woorde is wat vandag nodig is in vriendskapsverhoudings!

Vriendskap is hárde werk en doelgerigte gee van jóúself.  Ja, jy kan kitskos-hoender en kitskos-hamburger kry.  Vir bykans enigiets is daar vandag ‘n quick-fix.  Jy kry egter nie plastic vriendskap nie.  Daar is ‘n spreekwoord wat sê voordat jy iemand anders as vriend of vriendin kan hê, moet jy sélf eers ‘n vriend of vriendin wees.  Dit beteken gee van jóúself, wees die mínste, réík uit na ander en jy sál geseën word met kosbare vriende en vriendinne.


In die Woord
Reukolie en wierook is iets om te geniet, maar die genot van vriendskap lê in die raad wat jy kry.  -  Spreuke 27:9 


In die hart:
Here, maak my anders;  iemand wat géé eerder as neem.  Maak my ‘n wáre vriend in my vriendekring.


Johan Smith  :  Kuiertyd met  JESUS



  :  Jesus se Seunskind @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

No comments:

Post a Comment