Saturday 5 September 2015

Sy naam was Billy






Sy naam was Billy.


Hy het woeste hare, dra ‘n T-hemp met gate in, ‘n denimbroek en geen skoene aan sy voete nie. Dit was letterlik sy héle klerekas vir die hele vier jaar op kollege.

Hy was briljant en báie slim. Hy het ‘n gelowige geword terwyl hy op kollege was.

In die straat oorkant die kollegekampus was die kerkgebou van ‘n baie netjiese en baie konserwatiewe gemeente. Hulle wou ‘n bediening begin vir die kollegestudente, maar het nie regtig geweet waar om te begin nie.

Een Sondagoggend daag Billy by die kerk op ― geklee in sy gewone T-hemp, denim, ongeskeer, sy hare wat wild staan en kaalvoet. Die diens het reeds begin en Billy het in die paadjie afgestap op soek na sitplek, maar die kerk was stampvol en daar was nie ‘n enkele sitplek beskikbaar nie. Van die gemeentelede het kriewelrig rondgeskuif en ander het ongemaklik onder mekaar gefluister. Voor by die preekstoel besef Billie dat daar geen sitplek beskikbaar was nie, en hy maak homself toe op die mat tuis.

Teen dié tyd was die gemeentelede alreeds erg opgetrek oor die situasie en die atmosfeer so dik dat jy dit amper met ‘n mes kon sny. Juis toe merk die dominee dat een van sy gewese ouderlinge van heel agter in die kerk op pad is na Billy toe. Die oubaas was reeds in sy tagtigs, met silwergrys hare en, soos altyd, netjies geklee in sy swart driestuk pak. Almal het hom geken as ‘n waardige, Godvresende man ― met sy kierie het hy statig en hoflik sy weg gebaan na die jongman daar voor die preekstoel.

Die kerk was doodstil, behalwe vir die getik van die ouderling se kierie op die vloer. Alle oë was vasgenael op die oubaas en die gemeentelede het skaars asemgehaal, want hulle het geweet die oubaas loop nie draaie as dit by reg en verkeerd kom nie. Selfs die dominee het gespanne en in stilte gewag om te sien wat gaan gebeur.

Toe die oubaas uiteindelik die jongman bereik, het hy sy kierie laat val, en stadig en met groot moeite op die mat neergesak en sê:  “So ja,  nou sit jy darem nie so alleen nie.”

Hier en daar het daar ‘n trane in die oë gekom van die gemeentelede en die gemoedere het vol geword. Toe die prediker eindelik beheer oor sy emosies kry sê hy toe: “Wat ek vandag preek sal julle miskien môre vergeet het,  maar wat vandag híér gebeur het, sal julle vir  áltyd onthou.

Wees versigtig hóé julle leef ... jý mag dalk die énigste Bybel wees wat iemand anders kry om te lees!




  :  Jesus se Seunskind @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

No comments:

Post a Comment