Wednesday 23 September 2015

Ek gee vir jou om!








Ek gee vir jou om


... want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra.  -  Matteus 6:8


Jy wonder dikwels of Ek as God weet wat met jou gebeur.  Jy wonder of Ek in jou belang stel of omgee wat met jou gebeur.  Jy vertel alles vir My maar dan lyk dit baiekeer vir jou asof Ek nie jou gebede hoor nie?

Die probleeem is jy dink Ek weet nie ... totdat jy My van jou ellende en jou seerkry vertel.  Maar my kind, Ek verseker jou dat Ek as jou God álles weet, nog voordat jy vir My iets vra.

Tog weet Ek ook wat jy as my kind nié nodig het nie.  Ek weet dit wat jy vra nie eintlik góéd vir jou is nie.

Ek weet daar is min dinge wat jou so waardeloos laat voel as die besef dat niémand van jou weet óf in jou belang stel nie.  Jy kan egter doodseker wees:  Ék as jou Maker en Vader wéét elke oomblik van die dag van jou en gee vir jou om.  Ál voel jy alleen.  Ál is daar probleme by die skool en die huis.  Ek wil hê jy moet jou gevóélens en gedágtes met My deel, want as jy *dit* doen, kry jy núwe moed en krag in My om jou lewe te face.

Gló My maar:  Ek wéét van jou en is liéf vir jou.  Ek weet ook wát jy régtig nodig het.



Ampie Barnard : Briewe van God





No comments:

Post a Comment