Monday 7 September 2015

Ek het nie witbroodjies nie






Ek het nie witbroodjies nie


Die waarde van silwer word in ‘n smeltkroes getoets, dié van goud in ‘n oond, dié van ‘n mens aan die lof wat hy ontvang.  -  Spreuke 27:21


In hierdie lewe leer jy as mens en as kind sekere vaardighede wat jou meer aantreklik en verkoopbaar maak.   Hoe beter geskool of gekwalifiseer jy is en hoe meer in aanvraag die beroep of loopbaan wat jy kies, hoe groter sal jou salaris wees.  Uit ‘n geld-oogpunt gesien, is jy dus meer werd as jy goed gekwalifiseerd is.  Dit maak jou vir My as jou Vader nie meer waardevol of belangrik as ander mense nie.

Of jy nou ‘n miljoenêr word en of jy en jou maat net genoeg verdien om die pot aan die kook te hou – voor My as julle God is almal ewe veel werd.

Ek trek niemand voor nie.  Jou persoonlike waarde as kind en as mens is daardie stel waarde wat jou help om situasies en dinge rondom jou te meet aan dit wat vir jou as My kind belangrik is.  Dit help jou om te onderskei tussen reg en verkeerd en maniere van optree wat aanvaarbaar is en wat onaanvaarbaar is.

Omdat geld jou maklik verkeerd kan laat dink, moet jy stewig staan in dié dinge wat vir jou as   MY  kind belangrik is.   My Woord leer jou dat jou liefde vir My en jou commitment en omgee vir mense om jou belangriker is as al die geld en goed van die wêreld.


Danie Vorster  :  Briewe van God

  :  Jesus se Seunskind @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!




No comments:

Post a Comment