Wednesday 9 September 2015

Die Versteekte Pryskaartjie 2





DIE VERSTEEKTE PRYSKAARTJIE (2)


As die duiwel sy produkte uitstal, moet jy weet, hy sorg dat die pryskaartjie baie goed versteek is. Hy sorg dat mense neem en bekom om dan later, heelwat later, met die prys voor ‘n dag te kom.

Alkohol (In dieselfde asem noem ek ook dwelms)
‘n Mens moet voorwaar baie sterk wees wanneer ‘n drank advertensie op tv vertoon word. Hoe die stomme persoon dit moet uithou wat ‘n alkohol probleme het, weet nugter! Daarom dat Spr. 23:31 waarsku: “Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie.”

In die advertensie word dit voorgehou asof dit die wonderlikste ding is wat met jou kan gebeur! Die drank val glansryk in die glas met ys. Ja, met eish ... Mens wonder of selfs die engele nie hulle oë toedruk, so verleidelik is dit.
Maar ... die versteekte pryskaartjie!!! Dis ‘n lys so lank, dit krul amper oor die horison:

  • Onder die invloed openbaar vele die gedrag van ‘n onbeskofte skobbejak.
  • Oggendhoofpyne
  • Braking
  • Verlies aan selfrespek en ander se respek
  • Skuldgevoelens
  • Verslawing
  • Alkoholisme
  • Hoë bloeddruk
  • Maagsere
  • Nierversaking
  • Floutes
  • Swak gesondheid
  • Velswere
  • Slegte spysvertering
  • Algemene wanvoeding
  • Vernietiging van die normale funksionering van die lewer
  • Verlies van breinweefsel
  • Vatbaarheid vir longsiektes
  • Hartspierdistrofie
  • Selfvergiftiging
  • Senuweesiektes
  • Onderprestasie
  • Werksverlies
  • Aggressiewe gedrag
  • Depressie
  • Die oormatige gebruik van alkohol het op die langtermyn 'n verwoestende effek op jou huwelik en die hele gesin!
  • 1 Kor. 6:10 – “Moenie dwaal nie! Geen ... dronkaards ... sal die koninkryk van God beërwe nie.”

Hoor hoe beskryf Spr. 23:32 die versteekte pryskaartjie: “op die end byt dit soos ‘n slang en spuug gif uit soos ‘n basilisk.”
Die wysste ding vir die Christen, as dit kom by die keuse tussen die gebruik van alkohol of nie; is om ‘n geheelonthouer te wees!
As jy vasgevang is in die wurggreep van alkoholisme; die Here Jesus het op die kruishout vir jou gesterf en Hy roep jou (Mat. 11:28): “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.”


~ Pastoor Piet Smit ~

No comments:

Post a Comment