Tuesday 22 September 2015

'n Vlakvark of 'n duiker








‘n Vlakvark of ‘n duiker?


Die woorde van ‘n mens kan diep waters wees, ‘n bruisende stroom, ‘n bron van wysheid.  – Spreuke 18:4


Het jy al ooit in die bad probeer duik?  Moenie, jy sal jou nek breek of dalk ‘n hele paar ander van jou lyf se stukke ook.  Nee, as jy lus is vir duik, gaan soek ‘n swembad, ‘n veilige waterkuil, ‘n ordentlike plaasdam of swem in die see.

Enigiets, solank die water net diep genoeg is.

My Woord sê dat wyse woorde soos diep water is.  Spring gerus maar in, jy sal nie seerkry of verongeluk nie.  Daar is ook genoeg plek vir al jou vriende – julle almal kan dit gebruik.  Dit maak skoon, dit maak heel, dit maak vol en dit gee baie plesier.  En baie belangrik – dit kan groot vure blus.

So, wat wil jy wees:  ‘n vlakvark of ‘n duiker?  Kies nou.

Waaraan dink jy as jy aan wysheid dink?  Sien jy dadelik ou omies met lang, wit baarde wat alleen op hoë berge woon?  Nee, wysheid kom van My as jou hemelse Vader af en is daar om jou te leer om verstandig te praat – selfs vir jou as my kind.  Wysheid is praktiese raad aan doodnormale mense in gewone omstandighede in hulle lewe.



Tobie van der Westhuizen :  Briewe van God

No comments:

Post a Comment