Saturday 15 August 2015

Miljoene aan sy kant





Miljuisend aan sy kant .........


...” ... (É)k kom na jou toe in die Naam van die ... Almagtige, die God van die linies ...” (1 Sam. 17:45)


Baie keer in die Bybel word die Here Jahwe Sibao genoem.  Dit beteken eintlik God van die leërskare.  God van die menigtes.  God van die linies.  Wat beteken dit?

Hierdie benaming van die Here sê vir ons dat God nóóit in die minderheid is nie.  Hy het nooit te min hande om Hom te help nie.  Hy staan nooit verleë omdat daar te min is om die werk te doen nie.  Nee, God is altyd in die meerderheid.  Miljoene der miljoene, miljuisende soos ons partymaal sê, engele dien Hom en staan gereed om sy bevele te gehoorsaam.  Hy het ook miljoene Christene wat Hy gered het.  Hulle behoort ook aan Hom.  Wat meer is, God kan sélfs óngelowiges ook gebruik om sy doel op aarde te bereik.  God is in behéér.  Hy is altyd in die meerderheid.

Ek en jy hoef nooit bang te wees dat God nie in staat is om te doen wat Hy sê nie.  Die meerderheid is aan sy kant.  Daarom is Hy altyd die wenner.


  God se engele het gereed gestaan om Jesus te verlos toe hulle Hom gevang het, maar God het dit nie toegelaat nie, terwille van my en jou!


Jan de Wet  :  Wandel met Jesus

  :  Koningsdogters vir Jesus Page @ Facebook
Aan God die drie-enige, alleen die eer!

No comments:

Post a Comment